MONTE CHRISTO ECO ESTATE

  • AGTERGROND

    Geskiedkundig deel ons met trots dat die aansoek vir ‘n dorpstigting op 29 Junie 1999 geloods is. Aansoek het ingesluit 470 residentiele erwe,besigheidspersele, gemeenskapfasaliteit,groepbehuising en n Aftreeoord met Versorgings fasaliteite en baie oop ruimtes Goedkeuring is verkry op 5 September 2002.  Op 13 Augustus 2004 is die eerste paaie oopgestoot wat die begin van bemarking moontlik gemaak het.  Terselfdetyd is begin om die dienste in te sit.  Finale voltooiing was op 23 Augustus 2006.

    KLIMAAT, TOPOGRAFIE EN TOEGANKLIKHEID

    Hierdie drie faktore het baie bygedra tot die ontstaan en ontwikkeling van Monte Christo Eco Estate . Die 54 ha ontwikkeling het asemrowende uitsig op berg en see en het die mees gematigde klimaat in die wereld naas Hawaii.

    Topografies omvat die terrein hoofsaaklik suidelike en westelike sagte hellings en klowe met baie goeie dreinering. Ongeveer 90% van die erwe het hierdie onge-ewenaarde uitsig oor die Indiese Oseaan. Die balans van die erwe het ongelooflike berguitsig.Omring deur plase en baie oop spasie het die ontwikkeling n baie landelike en rustige atmosfeer.

    Daarbenewens is die dorp baie sentraal gelee wat dit baie toeganklik maak vanaf die snelwee (N2/R102) sonder enige verkeersdrukte en slegs 30 min vanaf die George Internationale Lughawe. 

    BESTUUR, TOEGANG EN SEKURITEIT

    Die Huiseienaarsvereniging, Dorpsbestuurder en Administrateur  sien toe dat die dorpstigting n volgehoue goeie bestuur met goeie finansiele standaarde handhaaf.

    Baie groot waarde word geheg aan die bogemiddelde veiligheid in en rondom die Monte Christo dorpsgebied.  Dit sluit in ‘n 24/7 bemande ingangspunt en ‘n elektries omheinde grens.

    Reg van weg word toegepas en geen ongemagtigde persone word toegelaat nie.

    Vullis word verwyder en geskei in die oord se eie fasiliteite.
    Paaie , sypaadjies, blombeddings en openbare oopspasies word in stand gehou deur Monte Christo se eie trekkers en toerusting

    TUISTE VIR OUD EN JONK

    Velerlei hoog aangeskrewe besienswaardighede in die onmiddelike omgewing saam met ‘n permanente groeiende lys van kultuur en ander bedrywighede maak die dorpstigting ‘n baie gewilde adres vir oud en jonk.

    Die Versorgings fasaliteite en Klubhuis wat nou in aanbou is is toeganklik vir die inwoners van die Aftreeoord sowel as die van Monte Christo.

    Met alle dienste reeds op die boupersele geplaas en alle infrastruktuur in plek kan voornemende inwoners met gemoedsrus na die nuwe dorp kyk.